Olimpiese Winterspele 1980

XIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1980

Gehou in Lake Placid, Verenigde State
Deelnemende lande 37
Deelnemende atlete 1 072 (840 mans, 232 vroue)[1]
Items 38 in 6 sporte
Openingseremonie 13 Februarie 1980
Sluitingseremonie 24 Februarie 1980
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Walter Mondale
Atlete-eed Eric Heiden (langbaanskaats)
Beampte-eed Terry McDermott (langbaanskaats)
Olimpiese vlam Charles Morgan Kerr
Vorige Spele 1976: Innsbruck (Oostenryk)
Volgende Spele 1984: Sarajevo (Joego-Slawië)

Die Olimpiese Winterspele 1980 (Engels: 1980 Winter Olympics), amptelik bekend as die XIIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 13 en 24 Februarie 1980 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Vancouver-Garibaldi in Kanada doen aanvanklik ook aansoek om die Spele te organiseer, maar onttrek hulself voor die stemming.

Die Olimpiese Somerspele 1980 is in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1980 is tussen 1 en 7 Februarie in Geilo, Noorweë, gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search