Olimpiese Winterspele 2002

XIXe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2002

Gehou in Salt Lake City, Verenigde State
Deelnemende lande 78
Deelnemende atlete 2 399 (1 513 mans, 886 vroue)[1]
Items 78 in 7 sporte
Openingseremonie 8 Februarie 2002
Sluitingseremonie 24 Februarie 2002
Amptelik geopen deur President George W. Bush
Atlete-eed Jim Shea (skeleton)
Beampte-eed Allen Church (alpeski)
Olimpiese vlam Amerikaanse yshokkiespan van 1980
Vorige Spele 1998: Nagano (Japan)
Volgende Spele 2006: Turyn (Italië)

Die Olimpiese Winterspele 2002 (Engels: 2002 Winter Olympics), amptelik bekend as die XIXde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 24 Februarie 2002 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied. Ander kandidaatstede was: Quebecstad (Kanada), Sion (Switserland) en Östersund (Swede).

Die Amerikaanse yshokkiespan van 1980 steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie aan

Dit was die vierde Winterspele en agste Olimpiese Spele wat in die Verenigde State beslis is. Utah het daarmee die vyfde Amerikaanse deelstaat geword om 'n Olimpiese spele aan te bied. Die spele was veral deur die aanvalle op 11 September 2001 vyf maande gelede oorskadu, maar word oorwegend as 'n groot sukses beskou.

Die Paralimpiese Winterspele 2002 is tussen 7 en 16 Maart in Salt Lake City gehou.

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search