Olimpiese Winterspele 2018

XXIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2018

Gehou in Pyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande 92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 952
Items 102 in 7 sporte
Openingseremonie 9 Februarie 2018
Sluitingseremonie 25 Februarie 2018
Amptelik geopen deur President Moon Jae-in
Atlete-eed Mo Tae-bum
Beampte-eed Kim Woo-Sik
Olimpiese vlam Yuna Kim
Vorige Spele 2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele 2022: Beijing (China)

Die Olimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 올림픽; hanja: 平昌 冬季 올림픽; Jeisipsamhoe Donggye Ollimpik), amptelik bekend as die XXIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 9 en 25 Februarie 2018 in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[1] Die spanne van Ecuador, Eritrea, Kosovo, Maleisië, Nigerië en Singapoer het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Die Russiese span is weens grootskaalse, van die regering ondersteunde, doping van die Olimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete wat nie aan die staatsondersteunde doping deelgeneem het nie, onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]

Dragon Valley Ski Resort

Dit is ná die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Olimpiese Spele wat in Suid-Korea aangebied is. Verder is Pyeongchang ná Sapporo (1972) en Nagano (1998) die derde Asiatiese stad, waar Olimpiese Winterspele gehou is. Daarbenewens is die volgende twee Olimpiese Spele ook in Oos-Asiatiese stede gehou: Die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio en die Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing.

Tydens die Spele is daar in 102 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit het van die Spele die grootstes in die geskiedenis gemaak.[4] Suid-Afrika het met een atleet aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem, Connor Wilson het dus ook die Suid-Afrikaanse vlag tydens die opening- en sluitingseremonies in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang ingedra.[5]

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Suid-Korea die laaste. Ná voorafgaande onderhandelings tussen Noord- en Suid-Korea het beide Koreaanse lande tydens die seremonies gemeenskaplik die stadion binnegestap.[6][7]

Die Paralimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 18 Maart 2018.
  2. (en) "6 New National Olympic Committees Welcomed to Winter Olympics for the First Time". pyeongchang2018.com. 1 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2018. Besoek op 18 Maart 2018.
  3. (en) "IOC suspends Russian NOC and creates a path for clean individual athletes to compete in Pyeongchang 2018 under the Olympic flag". Internasionale Olimpiese Komitee. 5 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
  4. (en) "Winter Olympics: Big air, mixed curling among new 2018 events". BBC. 8 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
  5. (en) "Who is the one athlete representing South Africa at the Winter Olympics 2018?". The South African. 7 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2018. Besoek op 18 Maart 2018.
  6. (en) "Koreas to march under single 'united' flag in Olympic Games". BBC. London, United Kingdom. 17 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
  7. (en) Stiles, Matt (20 Januarie 2018). "North Korea gets official OK to compete in Winter Olympics, will march with South". Los Angeles Times. Los Angeles, California, United States. Besoek op 18 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search