Olimpiese vlam

Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952 in Helsinki aan
Ingrid Berghmans tydens die Olimpiese fakkelloop in Brussel
Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek
Die Amerikaanse yshokkiespan van 1980 steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2002 aan
Li Ning "sweef" die Beijing Nasionale Stadion met die fakkel in sy hand binne

Die Olimpiese vlam is 'n vuur wat aangesteek word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele en bly brand tydens die duur van die Spele tot dit tydens die sluitingseremonie uitgedoof word.

Die vlam het sy oorsprong in Olimpia, die plek van die antieke Spele in Griekeland, waar 'n fakkel tydens 'n seremonie aangesteek was deur sonlig met spieëls daarop te konsentreer. Die eerste moderne Spele waar die Olimpiese vlam weer aangesteek was, was die van die IX-Olimpiade in 1928 te Amsterdam.

Na die aansteek van die fakkel, word dit met 'n aflos (maar gedeeltelik ook met vinniger vervoermiddels) vanaf Olimpia deur 'n groot aantal lande na die stadium van die Spele gebring, waar die laaste loper die eer te beurt val om die Olimpiese vlam aan die brand te steek. Die fakkelloop vind vir die eerste keer by die Spele van 1936 te Berlyn plaas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search