Oos-Afrikaanse krieketspan

Oos-Afrika
Vlag van die Oos-Afrikaanse krieketspan
KonferensieKrieketkonferensie in Oos- en Sentraal-Afrika
Spaninligting
Laaste wedstrydt Vlag van Kenia Kenia op Tamworth-krieketklubgrond, Engeland, 27 Junie 1986[1]
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVoormalige lid (1966–1989)
IKR-streekAKV (Afrika)
Internasionale krieket
Eerste internasionalet Nieeuropese Suid-Afrikaners in Nairobi, Kenia; 13 September 1958
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Edgbaston, Birmingham; 7 Junie 1975
Laaste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Edgbaston, Birmingham; 14 Junie 1975
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]30/3
Krieketwêreldbeker-verskynings1 (eerste in 1975)
Beste uitslagGroepfase (in 1975)

Die Oos-Afrikaanse krieketspan (Engels: East Africa cricket team) was ’n krieketspan wat die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië verteenwoordig het. Oos-Afrika was dus een van die “nasionale” krieketspanne wat spelers uit meer as een land ingespan het. Hul eerste wedstryd was teen ’n Nieeuropese Suid-Afrikaanse span in 1958. Oos-Afrika het aan die Krieketwêreldbeker 1975[4] en die IKR-Trofeë in 1979, 1982 en 1986 deelgeneem. Tydens die laasgenoemde twee toernooie het Kenia op sy eie deelgeneem, waardeur Oos-Afrika as ’t ware Uganda, Tanzanië en Zambië verteenwoordig het.

Oos-Afrika was van 1966 tot 1989 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) en is deur die Oos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan vervang.

  1. (en) "ICC Trophy 1986 Fixtures". ESPNcricinfo. Besoek op 9 April 2023.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "West Indies as separate cricketing countries?". Emerging Cricket. Besoek op 25 Junie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search