Opossum

Opossums
Tydperk: Mioseen–onlangs[1]
Chironectes minimus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Didelphidae

Gray, 1821
Subfamilies en laer klade
Verspreiding van genera

   Didelphis albiventris

   Didelphis aurita

   Didelphis imperfecta

   Didelphis marsupialis

   Didelphis pernigra

   Didelphis virginiana

Opossums (genus Didelphidae) is die bekendste verteenwoordigers van die buidelrotfamilie (Didelphidae), wat hoofsaaklik in Suid-Amerika voorkom. Die gewone opossum word sedert die laaste Ystyd egter ook so ver noord as Suid-Kanada aangetref.

'n Jong Virginië Opossum
Die Noord-Amerikaanse Opossum

Die meeste opossums is boombewoners en nagdiere. Nie alle buidelrotte het buidels nie. Opossums (genus Didelphidae) is die bekendste verteenwoordigers van die buidelrotfamilie (Didelphidae), wat saam met opossumrotte (familie Caenolestidae) die enigste buideldierfamilies is wat nog in Suid-Amerika voorkom. Die ander verteenwoordigers is na die ontstaan van die landengte van Panama verdring deur roofdiere wat hulle gebied van die noorde af binnegekom het.

Sommige opossumspesies kom ook in Sentraal- en Noord-Amerika voor. Met uitsondering van oop vlaktes en hooggeleë streke kom buidelrotte feitlik oral voor en hulle word selfs in stede aangetref. Hulle oorleef ongunstige toestande soos droogtes deur in 'n diep slaap (letargie, 'n soort winterslaap) te verval. Oor die algemeen is buidelrotte alleenlewende diere wat hul neste in struike of bome of in gate in die grond maak. Feitlik enige plek wat donker is, vorm 'n geskikte nesmaakplek. Hulle is aand- of nagdiere en die meeste spesies vreet enig iets wat voorkom (omnivoor); net enkele spesies vreet uitsluitend insekte of ander klein diere.

Hulle is onverskrokke jagters wat soms prooidiere wat groter as hulle is, aanval. Gemeenskaplike kenmerke van alle buidelrotte is die spits snoet, goed ontwikkelde oorskulpe en ’n taamlik kaal stert, wat dikwels lank is en as grypstert gebruik kan word. Die pote is kort en elke poot het 5 tone, wat met uitsondering van die eerste toon kloue het.

Hoewel die buidel kenmerkend is vir alle buideldiere, ontbreek dit by sommige buidelrotte heeltemal, terwyl dit by ander net uit 2 oorlangse velplooie bestaan. Die wyfie se draagtyd is baie kort, maar die werpsel is besonder groot. By geboorte is die kleintjies nog onderontwikkel; net die voorpote is goed ontwikkel. sodat hulle in die buidel kan inkruip. Die kleintjies suig hulle stewig aan die tepel vas en wanneer hulle sluk, kan hulle terselfdertyd asemhaal.

Dit is moontlik omdat daar 'n vol ledige skeiding is tussen die slukderm-opening en die stuk asemhalingskanaal tussen die neus en die strottehoof. Wan neer die kleintjies groot is, verlaat hulle die buidel vir al hoe langer tydperke maar ry dikwels nog 'n rukkie op die moeder se rug. By die buidellose spesies word die kleintjies tussen die agterpote gedra. Hulle suig hulle nie so sterk aan die tepel vas nie, en as hulle afval, maak hulle 'n geluid op 'n baie hoë frekwensie (wat vir die mens nie hoorbaar is nie) waarop die wyfie hom weer optel.

  1. (en) Goin, Francisco; Abello, Alejandra; Bellosi, Eduardo; Kay, Richard; Madden, Richard; Carlini, Alfredo (2007). "Los Metatheria sudamericanos de comienzos del Neógeno (Mioceno Temprano, Edad-mamífero Colhuehuapense). Parte I: Introducción, Didelphimorphia y Sparassodonta". Ameghiniana. 44 (1): 29–71.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search