Opper-Sorbies

Opper-Sorbies
Hornjoserbšćina, hornjoserbska rěč
Gepraat in: Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied: Opper-Lausitz
Totale sprekers: 13 490[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Sorbies
    Opper-Sorbies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Duitsland Duitsland
Gereguleer deur: Sorbiese Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: hsb
ISO 639-3: hsb 
Die Sorbiese taalgebied in Duitsland
Tweetalige padteken in Bautzen. Bo is Duits en onder is Opper-Sorbies.

Opper-Sorbies (Hornjoserbšćina, hornjoserbska rěč, Duits: Obersorbische Sprache) is 'n Wes-Slawiese taal en word deur 13 490 mense hoofsaaklik in die Opper-Lausitz-streek in die Duitse deelstaat Sakse gepraat. Die grootste stede in die Opper-Sorbiese taalgebied is Bautzen (Budyšin) en Görlitz (Zhorjelc).

Die naaste taal wat nou aan Opper-Sorbies verwant is, is Neder-Sorbies. Die ander verwante tale is Kasjoebies, Pools, Slowaaks en Tsjeggies.

  1. (en) ethnologue.com: Sorbian, Upper

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search