Opvoedkundige tegnologie

Opvoedkundige tegnologie is die inkorporering van inligtings-en-kommunikasietegnologie (IKT) in onderwys om onderrig- ​​en leerprosesse in verskillende formele en nie-formele onderwyskontekste te ondersteun.[1]

IKT-platforms sluit in ‘n stel hulpmiddels in wat gebruik word om digitale media vir onderrig- ​​en leerdoeleindes te produseer, verwerk, berg, klassifiseer, herwin lees en uit te ruil.[2]

Vandag verskuif tradisionele onderwysmetodologieë en benaderings na ’n meer "eietydse, oop, responsiewe en buigsame stelsel van leer".[3]

Een van die groot uitdagings vir onderwysers is die besuitneming oor die rol van IKT in die opvoedkundige omgewing. Onderwysstudente kan eksperimenteer met opvoedkundige tegnologieom te leer om dit doeltreffend te gebruik.[4]

  1. Loedolf, P. (2012). OPVOEDKUNDIGE TEGNOLOGIE IN DIE SAW. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 8(4). https://doi.org/10.5787/8-4-767
  2. Brunton J., Bennett L., Drumm L., Flavin M., Honeychurch S., Thomson S., & Varga-Atkins T. (2023). Research in Learning Technology: making friends and influencing people. Research in Learning Technology, 31. https://doi.org/10.25304/rlt.v31.3212
  3. Universiteit Stellenbosch (2013) Strategie vir die gebruik van IKT in leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch https://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/ctl/Documents/IKT%20in%20Leer%20en%20Onderrig.pdf
  4. van Staden, C. J. (2022) Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer https://www.litnet.co.za/opvoedkundige-tegnologie-ekperimenteer-leer-en-transformeer/

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search