Oranjerivier

Oranjerivier
Senqurivier / Garieprivier
Satellietbeeld van die Oranjerivier.
Satellietbeeld van die Oranjerivier.
Satellietbeeld van die Oranjerivier.
Die stroomgebied van die Oranjerivier.
Stroomgebied Lesotho, Suid-Afrika, Namibië
Oorsprong Drakensberge (Lesotho)
Sytak -links Telerivier, Kraairivier
Sytak -regs Caledonrivier, Vaalrivier
Monding Namibië en Suid-Afrika
Atlantiese Oseaan
Lengte 2 200 km (1 367 myl)
Oorsprong-hoogte 3 350 m (10 991 voet)
Monding-hoogte 0 m
Stroomgebiedopp. 973 000 km² (375 677 myl²)
Ligging van Oranjerivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Oranjerivier
Oranjerivier
Koördinate: 28°38′S 16°27′O / 28.633°S 16.450°O / -28.633; 16.450

Die Oranjerivier (Engels: Orange River) is in 1779 deur kolonel Robert J. Gordon so gedoop ter ere van die Nederlandse Prins van Oranje.[1] Dit is die langste rivier in Suid-Afrika. Dit word ook soms die Gariep genoem. In Lesotho word die rivier die Senqu genoem.

Die rivier ontspring in die Drakensberge van Lesotho, naby die grens met Suid-Afrika. Dit vloei weswaarts op die grens van die Vrystaat met die Oos-Kaap, deur die Noord-Kaap en vorm uiteindelik die suidelike grens tussen Suid-Afrika en Namibië, voordat dit uitmond in die Atlantiese Oseaan by Alexanderbaai, omtrent halfpad tussen Walvisbaai en Kaapstad. Die N6, N10, N1, N12 en N14 nasionale paaie kruis die rivier.

Die D H Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2993 meter die langste pad-spoor brug in Suid-Afrika. In die 1960's is die Oranjerivierprojek van stapel gestuur om water van die Oranjerivier beter te benut.

Die Augrabieswaterval is in die Noord-Kaap en daar tuimel die Oranjerivier 60 m na benede.

  1. Van Hoven, Lynette: Soetigheid uit die sterke. In: Suid-Afrikaanse Panorama, jaargang 35, nommer 1 (Januarie/Februarie 1990), bl. 39

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search