Oranjerivierkolonie

Orange River Colony
Oranjerivierkolonie

1902–1910
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied:
God Save the King (1902–1910)
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging van die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910
Hoofstad Bloemfontein
29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O / -29.100; 26.217
Taal/Tale Afrikaans, Engels, Nederlands, Suid-Sotho
Godsdiens Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Afrika-godsdiens
Regering Monargie
Monarg
 - 1902–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Eerste minister
 - 1907–1910 Abraham Fischer
Goewerneur
 - 1902–1905 Alfred Milner
 - 1905–1907 William Palmer
 - 1907–1910 Hamilton John Goold-Adams
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Britse besetting van die Oranje-Vrystaat 28 Mei 1900
 - Britse anneksasie 6 Oktober 1900
 - Verdrag van Vereeniging 31 Mei 1902
 - Selfregering 27 November 1907
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
 - Stigting van die Oranje-Vrystaat-provinsie 31 Mei 1910
Bevolking
 - 1904[1] skatting 387 315 
Geldeenheid Pond sterling

Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.

Die hervatting van burgerlike administrasie, Bloemfontein, 23 Junie 1902.

Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton John Goold-Adams as luitenant-goewerneur.

Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.

  1. (en) "Census of the British empire. 1901". Openlibrary.org. 1906. p. 161. Besoek op 30 September 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search