| |||||
| |||||
Volkslied: God Save the King (1902–1910) | |||||
Ligging van die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910 | |||||
Hoofstad | Bloemfontein 29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Engels, Nederlands, Suid-Sotho | ||||
Godsdiens | Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Afrika-godsdiens | ||||
Regering | Monargie | ||||
Monarg | |||||
- 1902–1910 | Edward VII | ||||
- 1910 | George V | ||||
Eerste minister | |||||
- 1907–1910 | Abraham Fischer | ||||
Goewerneur | |||||
- 1902–1905 | Alfred Milner | ||||
- 1905–1907 | William Palmer | ||||
- 1907–1910 | Hamilton John Goold-Adams | ||||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | ||||
- Britse besetting van die Oranje-Vrystaat | 28 Mei 1900 | ||||
- Britse anneksasie | 6 Oktober 1900 | ||||
- Verdrag van Vereeniging | 31 Mei 1902 | ||||
- Selfregering | 27 November 1907 | ||||
- Stigting van die Unie van Suid-Afrika | 31 Mei 1910 | ||||
- Stigting van die Oranje-Vrystaat-provinsie | 31 Mei 1910 | ||||
Bevolking | |||||
- 1904[1] skatting | 387 315 | ||||
Geldeenheid | Pond sterling |
Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.
Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton John Goold-Adams as luitenant-goewerneur.
Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search