Organisasie vir Afrika-eenheid

Lidlande van die Organisasie vir Afrika-eenheid volgens aansluitingsjaar

Die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) (Engels: Organisation of African Unity (OAU), Frans: Organisation de l'unité africaine (OUA)) is op 25 Mei 1963 in Addis Abeba gestig met twee-en-dertig regerings wat die OAE-handves onderteken het. 'n Verdere 21 lande het geleidelik oor die jare aangesluit, met Suid-Afrika wat op 23 Mei 1994 die 53ste lid geword het. Die organisasie is op 9 Julie 2002 deur sy laaste voorsitter, die Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, ontbind en met die Afrika-unie (AU) vervang.[1]

  1. http://www.dfa.gov.za/foreign/Multilateral/africa/oau.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search