Otfried Preußler | |
---|---|
Gebore | Otfried Syrowatka 20 Oktober 1923 Reichenberg/Liberec, Tsjeggo-Slowakye (tans Tsjeggië) |
Sterf | 18 Februarie 2013 (op 89) |
Nasionaliteit | Duitsland |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Die klein waterman Die rower Hotzenplotz Krabat Die klein heksie |
Otfried Preussler (Duitse spelling: Preußler; * 20 Oktober 1923 in Reichenberg/Liberec, Tsjeggoslowakye; † 18 Februarie 2013 in Prien am Chiemsee, Beiere, Duitsland[1][2]) was 'n Duitse kinder- en jeugboekskrywer. Sy bekendste werke, waaronder Die klein waterman, Die rower Hotzenplotz, Krabat en Die klein heksie, het klassieke van die internasionale kinderliteratuur geword. Preussler se altesaam 32 boeke is in 55 tale, waaronder Afrikaans, vertaal, en wêreldwye verkope beloop 50 miljoen eksemplare.[3] Kinders was vir Preussler die "beste en slimste gehoor wat 'n skrywer hom kan voorstel".[4]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search