Pakistanse Krieketraad

Pakistanse Krieketraad
Kenteken van die Pakistanse Krieketraad
Kenteken van die Pakistanse Krieketraad
Engelse naam Pakistan Cricket Board
Afkorting PCB
Oerdoenaam پاکستان کرکٹ بورڈ
Land Vlag van Pakistan Pakistan
Sportsoort Krieket
Gestig op 1 Mei 1949
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 28 Julie 1952
Vastelandse beheerliggaam Asiatiese Krieketraad
Voorsitter Mohammad Hafeez
Direkteur Zaka Ashraf
Setel Gaddafistadion, Lahore, Pakistan
Amptelike tale Engels en Oerdoe
Amptelike webwerf pcb.com.pk

Die Pakistanse Krieketraad (Engels: Pakistan Cricket Board, afgekort “PCB”; Oerdoe: پاکستان کرکٹ بورڈ), voorheen bekend as die Raad vir Beheer van Krieket in Pakistan (Board of Control for Cricket in Pakistan, “BCCP”), is die bestuursliggaam wat krieket in Pakistan beheer. Die beheerliggaam is op 1 Mei 1949 gestig en by die Gaddafistadion in Lahore gesetel. Sedert 1952 verteenwoordig dit Pakistan by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search