Pan Tadeusz



Pan Tadeusz

of die laaste fete in Litaue

'n Verhaal oor die landadel uit die jare 1811-12



Die nasionale heldedig van Pole


Geskryf deur

Adam Mickiewicz


Publikasie
1834


Literêre stroming
Romantiek


Komposisie



Twaalf boeke met epiloog
9 693 versreëls
Meter: Poolse Alexandryn
Rympare met 13 sillabes


Groepe van hoofkarakters

  • Die adellike Horeszko-familie
  • Die adellike Soplica-familie
  • Die kleinadel van die dorp Dobrzyń
  • Russiese militariste en troepe

Verfilming
Andrzej Wajda (1999)

Pan Tadeusz, die nasionale heldedig van Pole, word as die laaste liriese werk van die beduidendste digter van die Poolse Romantiek, Adam Mickiewicz (1798-1855), beskou. Met sy publikasie in 1834 het Mickiewicz se digterskap van slegs vyftien jaar tot 'n einde gekom.

Die werk, wat deur Mickiewicz oorspronklik as 'n liefdesverhaal beplan is, het tydens sy ontstaan uiteindelik tot 'n kleurryke beskrywing van die sedes en gebruike van die Pools-Litause landadel en sodoende ook tot 'n beduidende historiese dokument ontwikkel. Die manier waarop die individuele lotgevalle van die hoofkarakters met mekaar teen die agtergrond van die Poolse nasie se diepgrypende morele en patriotiese problematiek in die vroeë 19de eeu verweef word, maak van die heldedig saam met die digter se kragtige, karakter- en uitdrukkingsvolle woordkuns 'n unieke literêre werk.[1]

  1. Rolf-Dieter Kluge (red.): Von Polen, Poesie und Politik... Adam Mickiewicz 1798-1998. Tübingen: Attempto 1999, bl. 154

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search