Paralimpiese Somerspele 1972

IVe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1972

Gehou in Heidelberg, Wes-Duitsland
Deelnemende lande 42
Deelnemende atlete 922 (654 mans, 268 vroue)
Items 188 in 10 sporte
Openingseremonie 2 Augustus 1972
Sluitingseremonie 11 Augustus 1972
Amptelik geopen deur President Gustav Heinemann
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1968: Tel Aviv (Israel)
Volgende Spele 1976: Toronto (Kanada)

Die Paralimpiese Somerspele 1972 (Duits: Paralympische Sommerspiele 1972), destyds bekend as die XXIste Wêreldspele van die verlamdes, is tussen 2 en 11 Augustus 1972 in Heidelberg, Wes-Duitsland, aangebied. Tydens die geleentheid het 922 atlete uit 42 nasies aan 188 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die vierde Paralimpiese Spele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika behaal 'n vierde plek tydens die Spele net na Wes-Duitsland, die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk met 41 medaljes (sestien goud, twaalf silwer en dertien brons).

Die Olimpiese Somerspele 1972 is tussen 26 Augustus en 11 September in München gehou.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search