Paralimpiese Somerspele 2020

XVIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2020

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 162
Deelnemende atlete 4 403
Items 539 in 22 sporte
Openingseremonie 24 Augustus 2021
Sluitingseremonie 5 September 2021
Amptelik geopen deur Keiser Naruhito
Atlete-eed Shingo Kunieda
Rie Urata
Beampte-eed Yumiko Taniguchi
Olimpiese vlam Yui Kamiji
Karin Morisaki
Shunsuke Uchida
Vorige Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele 2024: Parys (Frankryk)

Die Paralimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 東京2020パラリンピック競技大会, Hepburn: Tōkyō Nizeronizero Pararinpikku Kyōgi Taikai) sou oorspronklik tussen 25 Augustus en 6 September 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 24 Augustus tot 5 September 2021.[2] Tydens die geleentheid het 4 535 atlete uit 162 nasies aan 539 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[3]

Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit was die 16de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die tweede keer wat Tokio die spele organiseer het na hulle eerste spele in 1964, waarmee Tokio die eerste stad geword het om twee keer Paralimpiese Somerspele aan te bied. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1998 in Nagano die derde Paralimpiese Spele in Japan.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Charl du Toit (atletiek) en Kgothatso Montjane (rolstoeltennis) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4] Die Spele is amptelik deur keiser Naruhito geopen. Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat deur die keiser geopen is. Die Somerspele van 1964 is deur Yoshiaki Kasai geopen en die Winterspele van 1998 deur die destydse kroonprins Naruhito (die huidige keiser).

As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Paralimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Paralimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n Paralimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar aangebied is.[5][6] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[7][8][9]

Die Olimpiese Somerspele 2020 is tussen 23 Julie en 8 Augustus 2021 in Tokio gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "Tokyo Olympics and Paralympics: New dates confirmed for 2021". BBC. 30 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 8 Augustus 2021.
  3. (en) "Top moments from the Opening Ceremony of the Tokyo 2020 Paralympic Games". Olimpiese Somerspele 2020. 25 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2021. Besoek op 5 September 2021.
  4. (en) "Medal prospects Charl du Toit, Kgothatso Montjane named SA's flag bearers for Tokyo Paralympics". Nuus24. 23 Augustus 2021. Besoek op 5 September 2021.
  5. (en) Justin McCurry (24 Maart 2020). "Tokyo Olympics postponed to 2021 due to coronavirus pandemic". The Guardian. ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 5 September 2021.
  6. (en) "Tokyo 2020: Olympic Games organisers 'agree postponement'". BBC. 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 5 September 2021.
  7. (en) Michael Houston (8 Julie 2021). "Tokyo to be under state of emergency for duration of Olympics". Inside the Games. Besoek op 5 September 2021.
  8. (en) "Tokyo Olympic Games: Spectators barred as state of emergency announced". BBC. 8 Julie 2021. Besoek op 5 September 2021.
  9. (en) "Fans barred from all Olympic events in Tokyo as COVID-19 fears grow". Inside the Games. 8 Julie 2021. Besoek op 5 September 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search