Paranthropus

Paranthropus
Tydperk: Plioseen-Pleistoseen,
2.7–1.2 m. jaar gelede
Die skedel van Paranthropus boisei.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Paranthropus

(Robert Broom, 1938)
Spesies

Paranthropus aethiopicus
Paranthropus boisei
Paranthropus robustus

Paranthropus (van die Griekse παρα, para "neffens"; άνθρωπος, ántropos "mens"), is ’n genus van uitgestorwe hominiene. Hulle was tweevoetige hominiede wat waarskynlik sowat 2,7 miljoen jaar gelede afgestam het van Australopithecus.[1]

Lede van die genus word gekenmerk deur hul robuuste of sterk kraniodentale anatomie, insluitende ’n gorilla-agtige sagittale kam en breë tande.

’n Deel van ’n kopbeen van Paranthropus robustus is in 1938 deur ’n skoolseun, Gert Terblanche, gevind by Kromdraai, 70 km suidwes van Pretoria, Suid-Afrika. Robert Broom van die destydse Transvaal Museum het dit as ’n nuwe spesie beskryf.

Paranthropus boisei is in 1959 deur die Britse paleoantropoloog Mary Leakey ontdek by Olduvai-kloof in Tanzanië.

Die replika van ’n Paranthropus aethiopicus-skedel waarop die sagittale kam duidelik gesien kan word.

In 1967 is die eerste fossiel van Australopithecus aethiopicus in Ethiopië ontdek deur die Franse argeoloë Camille Arambourg en Yves Coppens.

  1. Dawkins, Richard (2004). The Ancestor's Tale: A Pilgrimage To the Dawn of Life. London: Weidenfeld & Nicolson. p. 77. ISBN 0-297-82503-8.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search