Patrick Duncan

Sir Patrick Duncan
Patrick Duncan
Sir Patrick Duncan as goewerneur-generaal

Ampstermyn
5 April 1937 – 17 Julie 1943
Monarg George VI
Eerste minister Barry Hertzog
Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur George Villiers
Opgevolg deur Nicolaas de Wet

Minister van Onderwys, Binnelandse sake en Volkswelsyn
Ampstermyn
1921 – 30 Junie 1924
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Thomas Watt
Opgevolg deur Daniël François Malan

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Desember 1870
Fortrie, Aberdeenshire, Skotland, Verenigde Koninkryk
Sterf 17 Julie 1943 (op 72)
Pretoria, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party Verenigde Party
Eggenoot/-note Alice Dold
Alma mater Universiteit van Edinburg
Balliol College, Oxford

Sir Patrick Duncan (21 Desember 1870, Fortrie, Aberdeenshire - 17 Julie 1943, Pretoria) was die sesde goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste bekleër van dié amp wat deur Suid-Afrika self aangewys is.

Duncan is in Skotland gebore en het grade in die klassieke tale verwerf aan die Universiteit van Edenburg en Balliol College (ook die alma mater van sy kollega in die Verenigde Party, Jannie Hofmeyr), Oxford-universiteit. Daarna studeer hy in die regte aan die Inner Temple en sluit hom aan by die Britse staatsdiens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search