Paula Styger

Paula Styger
Paula Styger
Paula Styger, omstreeks 1940

Geboortenaam Anna Maria Styger
Geboorte 26 Februarie 1913
Burgersdorp, Kaapland
Sterfte 22 Februarie 2000
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Paula Styger was 'n Suid-Afrikaanse aktrise, joernalis en advertensiebestuurder. Sy maak haar verhoogdebuut in 1935 in André Huguenet se toneelstuk Haar egskeiding. Daarna volg Gevaarlike huwelik in 1935, Die Kwaksalwer in 1939, Ek het 'n man vermoor en Helshoogte saam met hom. In 1942 sluit sy by die Pierre de Wet-geselskap aan, saam met James Norval en Anna Cloete, en tree op in verhoogproduksies soos Pinkie (1942–1943) en Satansloon (1942). In 1944, ná 'n ernstige operasie, roep sy die verhoog vaarwel en konsentreer op kommersiële kuns en die bemarkingsektor. Maar sy het nogtans in Pierre de Wet se rolprente opgetree.[1]

  1. Paula Styger se Profiel, besoek op 11 November 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search