Penisillien

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Penisillien-nukleus

Penisillien is een van die belangrikste groepe antibiotikums. Dit is die eerste groep antibiotikums wat ontdek is deur Alexander Fleming in 1928 en was die eerste middel wat gewerk het teen stafilokok-infeksies en sifillis. Penisillien word gebruik om ʼn wye verskeidenheid van infeksies, insluitend longontsteking, oorinfeksies, bloedinfeksies en hartklepinfeksies te behandel. Hierdie medikasie is baie effektief, maar kan ernstige probleme veroorsaak as jy allergies daarvoor is.

Penisillien val in die beta-laktam groep van antibiotikums en val die selwand van bakteriëe aan. Dit word deesdae min gebruik as gevolg van die hoë vlakke van weerstandigheid teen die antibiotikum. Weerstand teen penisillien in bakteriëe word verkry deur die afskeiding van 'n ensiem, beta-laktamase, deur die bakteriëe wat dan die antibiotikum afbreek.

Penisillien is grootliks vervang deur ampisillien en amoksisillien.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search