Perm-Trias-uitwissing

KambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPerm (geologie)TriasJuraKryt (geologie)PaleogeenNeogeen

Seelewe-uitwissing tydens die Fanerosoïkum % Miljoene jare gelede K–Pg Tr–J P–Tr Laat-D O–S

KambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPerm (geologie)TriasJuraKryt (geologie)PaleogeenNeogeen
Die blou grafiek toon die persentasie (nie die werklike getalle nie) van see-genera wat uitgewis is tydens enige tydperk. Dit verteenwoordig nie alle seespesies nie, net dié waarvan fossiele bestaan. Die name van die "Groot Vyf" uitwissings is klikbare hiperskakels. (bron)

Die Perm-Trias-uitwissing (P-Tr) het sowat 252 miljoen jaar gelede plaasgevind[1] en vorm die grens tussen die geologiese periodes Perm en Trias, sowel as tussen die geologiese eras Paleosoïkum en Mesosoïkum. Dit was die grootste uitwissingsgebeurtenis in die Aarde se geskiedenis, met tot 96% van alle seespesies[2] en 70% van gewerweldes op land wat uitgesterf het.[3] Dit is die enigste bekende massauitwissing van insekte.[4][5]

Sowat 57% van alle biologiese families en 83% van alle genera is uitgewis. Omdat so ’n groot deel van die biodiversiteit verlore gegaan het, het dit langer geduur om te herstel as ná enige ander uitwissing,[2] moontlik tot 10 miljoen jaar.[6]

Navorsers meen daar was tussen een en drie uitwissingsfases.[3][7][8][9] Daar is verskeie teorieë oor die rede vir die uitwissing; die eerste fase was waarskynlik weens geleidelike omgewingsveranderings, terwyl die laaste fase veroorsaak kon gewees het deur ’n katastrofiese gebeurtenis. Voorgestelde redes vir laasgenoemde sluit in ’n groot of verskeie meteoorbotsings, verhoogde vulkaanaktiwiteit, groot vure en ontploffings op die Siberiese Trappe,[10] en die skielike vrystelling van hidrometaan uit die seebodem.

  1. Shen S.-Z. (2011). "Calibrating the End-Permian Mass Extinction". Science. Bibcode:2011Sci...334.1367S. doi:10.1126/science.1213454.
  2. 2,0 2,1 Benton M J (2005). When life nearly died: the greatest mass extinction of all time. Londen: Thames & Hudson. ISBN 0-500-28573-X.
  3. 3,0 3,1 Sahney S and Benton M.J (2008). "Recovery from the most profound mass extinction of all time" (PDF). Proceedings of the Royal Society B. 275 (1636): 759–765. doi:10.1098/rspb.2007.1370. PMC 2596898. PMID 18198148.
  4. Labandeira CC, Sepkoski JJ (1993). "Insect diversity in the fossil record". Science. 261 (5119): 310–315. Bibcode:1993Sci...261..310L. doi:10.1126/science.11536548. PMID 11536548.
  5. Sole RV, Newman M (2003). "Extinctions and Biodiversity in the Fossil Record". In Canadell, JG; Mooney, HA (reds.). Encyclopedia of Global Environmental Change, The Earth System – Biological and Ecological Dimensions of Global Environmental Change (Volume 2). New York: Wiley. pp. 297–391. ISBN 0-470-85361-1.
  6. "It Took Earth Ten Million Years to Recover from Greatest Mass Extinction". ScienceDaily. 27 Mei 2012. Besoek op 28 Mei 2012.
  7. Jin YG, Wang Y, Wang W, Shang QH, Cao CQ, Erwin DH (2000). "Pattern of Marine Mass Extinction Near the Permian–Triassic Boundary in South China". Science. 289 (5478): 432–436. Bibcode:2000Sci...289..432J. doi:10.1126/science.289.5478.432. PMID 10903200.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. Yin H, Zhang K, Tong J, Yang Z, Wu S. The Global Stratotype Section and Point (GSSP) of the Permian-Triassic Boundary. pp. 102–114. {{cite book}}: |journal= ignored (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. Yin, HF; Sweets, WC; Yang, ZY; Dickins, JM (1992). "Permo-Triassic events in the eastern Tethys–an overview". In Sweet, WC (red.). Permo-Triassic events in the eastern Tethys: stratigraphy, classification, and relations with the western Tethys. Cambridge, VK: Cambridge University Press. pp. 1–7. ISBN 0-521-54573-0.
  10. Darcy E. Ogdena en Norman H. Sleep (2011). "Explosive eruption of coal and basalt and the end-Permian mass extinction". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. Bibcode:2012PNAS..109...59O. doi:10.1073/pnas.1118675109.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search