Phil Heemstra

Phil Heemstra
Gebore
Phillip Clarence Heemstra

9 Desember 1941
Melrose Park, Illinois, VSA
Sterf29 Augustus 2019 (op 77)
NasionaliteitAmerikaans/Suid-Afrikaans
Alma materUniversiteit van Illinois
Universiteit van Miami
BeroepIgtioloog
TitelDoktor
EggenootElaine Margaret Heemstra
KindersDrie

Dr. Phillip Clarence Heemstra (9 Desember 1941 - 29 Augustus 2019) was ’n Amerikaans-Suid-Afrikaanse igtioloog. Hy is in Melrose Park, Illinois, VSA, gebore as die seun van Clarence William Heemstra en sy vrou, Lydia (gebore Epcke).[1] Hy het in Ottawa, Illinois, skoolgegaan en het die graad B.Sc. Soölogie in 1963 aan die Universiteit van Illinois in Urbana, Illinois, behaal, asook sy M.Sc.-graad (1968) en doktorsgraad (1974) in mariene biologie aan die Universiteit van Miami in Miami, Florida. Hy het in 1978 in Suid-Afrika kom woon.[1]

Heemstra was met sy afsterwe ’n kurator emeritus van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit (SAIAB, voorheen die J.L.B. Smith-instituut vir Igtiologie). Hy het in igtiologie en seevistaksonomie gespesialiseer.

  1. 1,0 1,1 Phillip Clarence Heemstra op Prabook

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search