Pieter Bruegel die Jongere

Pieter Brueghel die Jongere deur Antoon van Dyck

Pieter Bruegel (ook gespel Brueghel of Breugel)[lower-alpha 1] die Jongere (Nederlandse fonetiese uitspraak: ˈpitər ˈbrøːɣəl; gebore tussen 23 Mei en 10 Oktober 1564 - sterf tussen Maart en Mei 1638) was 'n Vlaamse skilder wat bekend is vir kopieë van sy vader Pieter Bruegel die Ouere se werk, sowel as sy eie oorspronklike werke. Die enorme uitset van sy ateljee, wat vir die plaaslike- sowel as die uitvoermark geproduseer het, het bygedra tot die internasionale verspreiding van sy vader se werk.

Tradisioneel word Pieter Bruegel die Jongere "de helse Bruegel" genoem omdat daar geglo is dat hy die outeur was van verskeie skilderye van fantastiese en groteske uitbeeldings. Hierdie skilderye word nou toegeskryf aan sy broer Jan Bruegel die Ouere.[2][3]

  1. "Pieter Brueghel (II)" (in Nederlands en Middle Dutch). Nederlandse Instituut vir Kunsgeskiedenis.
  2. Alexander Wied and Hans J. Van Miegroet. "Jan Breughel I." Grove Art Online. Oxford Art Online. Oxford University Press. Web. 11 Julie 2014.
  3. Larry Silver, Peasant Scenes and Landscapes: The Rise of Pictorial Genres in the Antwerp Art Market, University of Pennsylvania Press, 4 Jan 2012, p. 154-158


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search