Pigmee

’n Pigmee van Kameroen
Baka-dansers in Kameroen

’n Pigmee is lid van ’n etniese groep wat buitengewoon kort is; antropoloë definieer die term as lid van enige groep waar die mans se gemiddelde lengte minder as 150 cm is.[1] Die term word meestal verbind met volke in Sentraal-Afrika, soos die Aka, Efé en Mbuti.[2] As "pigmee" gedefinieer word as lid van ’n groep waarvan die mans korter as 1,55 m is, is daar ook pigmeë in Australië, Thailand, Maleisië, Indië,[3] Indonesië, Filippyne, Papoea-Nieu-Guinee, Bolivia en Brasilië.[4]

  1. Encyclopædia Britannica: Pygmy. Britannica.com. Besoek op 2011-10-11.
  2. http://www.pygmies.org/#introduction African Pygmies
  3. The Semang by George Weber. Chapter 35: The Negrito of Malaysia Geargiveer 24 Julie 2013 op Wayback Machine.
  4. Darwin's Children. The Economist. 13 Desember 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search