Piroklastiese stroom

Piroklastiese strome beweeg in 1984 af teen die hange van die Mayonvulkaan in die Filippyne.
Die oorblyfsel van 'n gebou wat in 1982 in Mexiko deur piroklastiese stuwings en strome verwoes is. Versterkingstawe in die sement is in die rigting van die vloei gebuig.
'n Wetenskaplike bestudeer puimsteenblokke aan die einde van die afsettingsterrein van 'n piroklastiese stroom van Mount Saint Helens.

'n Piroklastiese stroom of piroklastiese wolk[1] is 'n vinnig bewegende stroom warm gas en tefra wat met die grond langs weg van 'n vulkaan af beweeg. Hulle gemiddelde snelheid is sowat 100 km/h, maar hulle kan tot 700 km/h haal.[2] Die gasse en tefra kan 'n temperatuur van sowat 1 000 °C bereik.

Piroklastiese strome is die gevaarlikste van alle vulkaangevare[3] en ontstaan as gevolg van sekere ontploffende uitbarstings; hulle raak gewoonlik aan die grond en stroom bergaf, of versprei letterlik onder swaartekrag. Hulle spoed hang af van die digtheid van die stroom, die vulkaan se uitsettempo en die steilte van die helling.

  1. Branney M.J. & Kokelaar, B.P. 2002, Pyroclastic Density Currents and the Sedimentation of Ignimbrites. Geological Society of London Memoir 27, 143pp.
  2. "MSH Pyroclastic flow [USGS]". pubs.usgs.gov.
  3. Auker, Melanie Rose; Sparks, Robert Stephen John; Siebert, Lee; Crosweller, Helen Sian; Ewert, John (14 Februarie 2013). "A statistical analysis of the global historical volcanic fatalities record". Journal of Applied Volcanology. 2 (1): 2. doi:10.1186/2191-5040-2-2. ISSN 2191-5040. S2CID 44008872.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search