Plaaslike Groep

Die onreëlmatige sterrestelsel Sextans A is lid van die Plaaslike Groep en is 4,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Die helder Melkweg-sterre op die voorgrond lyk hier geel. Agter hulle lê die sterre van Sextans A met jong, blou sterreswerms duidelik sigbaar.

Die Plaaslike Groep is die groep sterrestelsels wat ons Melkweg insluit. Dit bestaan uit meer as 50 stelsels (insluitende dwergsterrestelsels) en sy swaartekragmiddelpunt lê iewers tussen die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel. Die sterrestelsels van die Plaaslike Groep het ’n deursnee van 10 miljoen ligjare en ’n geraamde massa van 1,29±0,14 ×1012 sonmassas (M). Die groep is deel van die Plaaslike Superswerm, ook genoem die Virgo-superswerm.[1]

Die grootste twee lede van die groep is die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel, albei spiraalvormige stelsels met ’n eie stelsel satellietgalaktikas.

Die ander lede van die groep is wat swaartekrag betref afgesonder van hierdie groot subgroepe: IC 10, IC 1613, Phoenix-dwerg, Leo A, Tucana-dwerg, Cetus-dwerg, Pegasus-dwerg, Wolf-Lundmark-Melotte, Aquarius-dwerg en Sagittarius-dwerg.

  1. R. B. Tully (1982). "The Local Supercluster". Astrophysical Journal. 257: 389–422. Bibcode:1982ApJ...257..389T. doi:10.1086/159999.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search