Plandemic

Plandemic is 'n 26-minuut lange samesweringsteorievideo wat in Mei 2020 vrygestel is en wat verskillende valshede en verkeerde inligting rakende die COVID-19-pandemie bevorder.[1][2] Die rolprent is vervaardig deur Mlevi Willis se produksiemaatskappy Elevate in Kalifornië, wat in die verlede ander samesweringsvideos vervaardig het.[2] Die produsente van die video verklaar dat dit 'n voorskou is vir 'n komende film wat in die laaste kwartaal van 2020 vrygestel sal word.[1][2][3][4] Die voormalige mediese navorser Judy Mikovits verskyn in die video. Mikovits word beskryf as 'n aktivis teen inenting, 'n eis wat sy ontken.[5]

Die video word bevorder deur samesweringsteoretici en het vinnig en viraal op sosiale media versprei, met miljoene mense wat al daarna gekyk het,[6][7][8] wat dit "een van die mees wydverspreide stukke verkeerde inligting oor die koronavirus" maak.[8] Die video is van verskillende platforms, waaronder Facebook, YouTube, Vimeo en Twitter, verwyder omdat dit misleidende inhoud het en vals inligting versprei.[1][7][8][9][4]

Die video is deur wetenskaplikes, geneeskundiges en gesondheidswerkers gekritiseer omdat dit verkeerde inligting en samesweringsteorieë bevorder het. Die tydskrif Science het 'n redaksionele artikel vrygestel waarin die informasie in die video nagegaan is en die onakkuraathede en misleidende opmerkings daarin uiteengesit is.[10]

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WaPo
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PolitiFact
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vice
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named glob
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pickel
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named TechCrunch
  7. 7,0 7,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Scramble
  8. 8,0 8,1 8,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ZadroznyCollins
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Iverson
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Science

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search