Plejades (sterreswerm)

Vir 'n artikel oor die sewe susters in die Griekse mitologie, sien Plejade (mitologie)
Plejades
’n Foto van die Plejades van die Digitized Sky Survey. Bron: Nasa/ESA/AURA/Caltech
’n Foto van die Plejades van die Digitized Sky Survey.

Bron: Nasa/ESA/AURA/Caltech

Soort stelsel Oop sterreswerm
Sterrebeeld Bul
Messier-naam Messier 45
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 3h 47m 24s[1]
Deklinasie +24º 7'[1]
Skynmagnitude 1,6
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 390-460[2][3][4][5]
Ouderdom (jaar) 100 miljoen
Skynbare grootte  110 boogminute
Aantal sterre 500
Rooiverskuiwing  18 x 10-6
Ander name Sewe Susters, Melotte 22[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

In astronomie is die Plejades (ook Sewe Susters of M45) ’n oop sterreswerm wat bestaan uit warm B-tipe sterre van middelmatige ouderdom in die sterrebeeld Bul. Dit is een van die naaste sterreswerms aan die Aarde en die een wat die maklikste met die blote oog gesien kan word. Die naam kom van die Plejades in die Griekse mitologie.

Die swerm word oorheers deur warm blou en besonder helder sterre wat binne die afgelope 100 miljoen jaar ontstaan het. Die helderste sterre word omring deur ’n newelagtigheid wat deur ruimtestof veroorsaak word. Sterrekundiges voorspel die swerm sal nog sowat 250 miljoen jaar lank bestaan, waarna dit sal versprei weens swaartekrag-interaksies met ander voorwerpe in die omgewing.

  1. 1,0 1,1 1,2 "SIMBAD Astronomical Database". Results for M45 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 20 April 2007.
  2. van Leeuwen, F. "Parallaxes and proper motions for 20 open clusters as based on the new Hipparcos catalogue", A\&A, 2009
  3. Majaess, D.; Turner, D.; Lane, D.; Krajci, T. "Deep Infrared ZAMS Fits to Benchmark Open Clusters Hosting delta Scuti Stars", JAAVSO, 2011
  4. Percival, S. M.; Salaris, M.; Groenewegen, M. A. T. (2005). "The distance to the Pleiades. Main sequence fitting in the near infrared". Astronomy and Astrophysics. 429: 887. arXiv:astro-ph/0409362. Bibcode:2005A&A...429..887P. doi:10.1051/0004-6361:20041694.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Zwahlen, N.; North, P.; Debernardi, Y.; Eyer, L.; Galland, F.; Groenewegen, M. A. T.; Hummel, C. A. (2004). "A purely geometric distance to the binary star Atlas, a member of the Pleiades". Astronomy and Astrophysics Letters. 425: L45. arXiv:astro-ph/0408430. Bibcode:2004A&A...425L..45Z. doi:10.1051/0004-6361:200400062.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search