Pleuronectiformes

Pleuronectiformes
'n Gekamoefleerde platvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Pleuronectiformes
Families

Suborde Psettodoidei
    Psettodidae
Suborde Pleuronectoidei
    Citharidae
    Scophthalmidae
    Bothidae
    Pleuronectidae
    Paralichthyidae
    Achiropsettidae
    Samaridae
Suborde Soleoidei
    Soleidae
    Achiridae
    Cynoglossidae

Pleuronectiformes is 'n vis-orde wat hoort tot die klas Actinopterygii.

Scophthalmus rhombus Gervais

Die skolle, botte en tongvisse behoort tot die orde van platvisse (Pleuronectiformes, vroeër Heterosomata) en daar is ongeveer 600 spesies bekend. Wat die visse se bo – en onderkante blyk te wees, is in werklikheid hul sye, en die oë te langs mekaar op die sy wat na bo wys.

Platvisse leef hoofsaaklik op die seebodem, waar sommige hul hele liggaam onder die sand kan versteek. Almal kan hulle baie goed deur kleurveranderings kamoefleer. Die visse is kommersieel belangrik omdat hulle 'n gewilde gereg is, maar oorbenutting bedreig die spesie se voortbestaan. Hoewel dit nie uit hul merkwaardige plat liggaamsbou blyk nie, is platvisse afstammelinge van baarsagtige visse met 'n normale liggaamsbou. Die normale visagtige liggaamsvorm is in platvislarwes aanwesig, maar hulle ondergaan mettertyd 'n gedaantewisseling.

Tydens die proses word die visse se ingewande baie gekronkel en die anus verskuif ook van posisie. Daar vind 'n verskuiwing in die skedelbene plaas en die mond verander van posisie. Die rugvin (dorsale vin) en die buikvin (ventrale vin) vergroot totdat hulle al langs die vis se kante strek. Die belangrikste veranderings is dat die oë van posisie verander en die liggaam afgeplat word, want die ware sye word verder saamgedruk totdat hulle 2 groot, plat vlakke vorm.

Die vis lê in der waarheid nou so in die water dat die een sy die onderkant en die ander die bokant vorm. Die onderste oog is verskuif sodat dit langs die boonste oog lê. Die bokant van die vis se liggaam is gewoonlik donkerkleurig en die onderkant 'n egalige vaal of wit kleur. Hierdie asimmetriese liggaamsbou is 'n aanpassing by ’n bodembestaan en is heeltemal in teenstelling met rôe se afplatting. Hierdie kraakbeenvisse is dorsiventraal afgeplat, want die rug (dorsum) en die maag (ventrum) het skottelvormig geword.

Platvisse se bokante kan verbasend vinnig van kleur en patroon verander om by hul agtergronde in te pas. Die vis word donkerder op 'n donker agtergrond en ligter op 'n ligter agtergrond, en indien hulle na 'n ander agtergrond beweeg, verander die kleur om daarby aan te pas. Die kleurveranderings word deur chromatofore (kleurstofselle) onder die huid moontlik gemaak. Dit is groot vertakte selle en die konsentrasie en ligging van die kleurstowwe daarin kan na willekeur verander word.

Indien die pigmente na aan mekaar gekonsentreer is, is die velkleur donker en indien hulle wyd versprei is, word die velkleur lig. Die kleurveranderings word gereguleer deur die hoeveelheid lig wat die oë waarneem en word bevestig deur die feit dat blinde platvisse nie van kleur kan verander nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search