Plutino

’n Paar van die eerste plutino's wat ontdek is, met ’n vergelyking tussen hul grootte, albedo en kleur.

Plutino's is ’n dinamiese groep trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) in die buitenste streek van die Sonnestelsel wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus om die Son wentel. Dit beteken vir elke twee omwentelings van ’n plutino voltooi Neptunus drie omwentelings. Die dwergplaneet Pluto is die grootste lid van die groep en die een na wie dit genoem is. Individuele plutino's word genoem na mitologiese wesens wat met die onderwêreld verbind word.

Plutino's maak die binneste deel van die Kuipergordel uit en bevat sowat ’n kwart van die bekende Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Hulle is die grootste groep TNV's. Die eerste plutino naas Pluto self, (385185) 1993 RO, is op 16 September 1993 ontdek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search