Pol Pot

Pol Pot
Pol Pot

Sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van Kampuchea
Ampstermyn
Februarie 1963 – 1981
Vise Nuon Chea
Voorafgegaan deur Tou Samouth
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Eerste Minister van die Demokratiese Kampuchea
Ampstermyn
17 April 1975 – 27 September 1976
President Khieu Samphan
Voorafgegaan deur Khieu Samphan
Opgevolg deur Nuon Chea
Ampstermyn
25 Oktober 1976 – 7 Januarie 1979
President Khieu Samphan
Voorafgegaan deur Nuon Chea
Opgevolg deur Pen Sovan

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Mei 1925[1][2]
Kampong Thom, Frans-Indochina (tans Kambodja)
Sterf 15 April 1998
Anlong Veng, Kambodja
Politieke party Kommunistiese Party van Kampuchea
Eggenoot/-note Khieu Ponnary
Mea Son

Saloth Sar (Khmer: Pol Pot: ប៉ុល ពត; Saloth Sar: សាឡុត ស; 19 Mei 1925 tot 15 April 1998) ook bekend as Pol Pot, was 'n Kambodjaanse diktator en Maoïstiese rewolusionêr.

Hy was leier van die kommunistiese beweging genaamd Khmer Rouge. Vanaf 1975 tot 1979 was hy die eerste minister van Kambodja wat toe bekend gestaan het as die Demokratiese Kampuchea. Pol Pot het op 17 April 1975 leier van Kambodja geword. Tydens sy bewind het hy agrariese sosialisme ingestel, wat stadsbewoners gedwing het om na die platteland te gaan om op kollektiewe plase te werk en dwangarbeid te verrig. Die gesamentlike gevolge van dwangarbeid, wanvoeding, swak mediese sorg en teregstellings het tot die dood van ongeveer 21% van die Kambodjaanse bevolking gelei. In totaal is daar na raming 2 tot 4 miljoen mense onder sy leiding dood.

In 1979, na Viëtnam se inval in Kambodja, vlug Pol Pot na die oerwoude van die suidweste van Kambodja, en die Khmer Rouge-bewind stort in duie. Van 1979 tot 1997 het hy en 'n oorblyfsel van die ou Khmer Rouge naby die grens van Kambodja en Thailand gevestig, waar hulle gestreef het om die bewind te herwin, met die nominale erkenning van die Verenigde Nasies as die wettige regering van Kambodja. Pol Pot is in 1998 dood terwyl hy onder huisarres was deur die Khmer Rouge faksie van Ta Mok. Sedert sy dood het daar gerugte ontstaan dat hy vergiftig is.

  1. (en) "BBC – History – Historic Figures: Pol Pot (1925–1998)". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 21 Desember 2013.
  2. (en) Chandler, David (23 Augustus 1999). "Pol Pot". Time Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2011. Besoek op 21 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search