Pomp

'n Klein elektriese pomp.
'n Groot elektriese pomp vir watervoorsiening in Duitsland.

'n Pomp is 'n toestel waarmee stukrag opgewek word om vloeistowwe of gasse te verplaas. Net soos binnebrandenjins en kompressors behoort pompe ook tot die groep stu- en stromingstoestelle. Die toepassingsmoontlikhede van 'n pomp is hoofsaaklik onderhewig aan die volume war die pomp kan verplaas en die druk waaronder die verplasing plaasvind.

'n Pomp word gebruik om vloeistowwe en gasse te verplaas deur dit aan 'n oordruk (perspomp) of 'n onderdruk (suigpomp) te onderwerp. Daar is 'n enorme verskeidenheid beskikbare pompe, en die keuse van 'n pomp hang af van die snelheid en die druk waaronder die verplasing plaasvind, asook van die hoeveelheid en soort materiaal wat gepomp moet word.

Die vakgebied wat oor pompe handel, vorm deel van 'n groter terrein naamlik die van stu- en stromingsmasjiene. Hiertoe behoort ook kompressors waarmee gasse verplaas word. Wanneer gasse egter afgesuig moet word, word vakuumpompe gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search