Port Said

Port Said

بورسعيد
Vlag van Port Said
Vlag
Amptelike seël van Port Said
Seël
Port Said is in Egypt
Port Said
Port Said
Koördinate: 31°15′N 32°17′O / 31.250°N 32.283°O / 31.250; 32.283
LandVlag van Egipte Egipte
Stigting1859
Oppervlak
 • Totaal1 351,1 km2 (521,7 vk. myl)
Hoogte
3 m (10 ft)
Bevolking
 • Totaal603 787
 • Digtheid457/km2 (1 180/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (Egiptiese Standaardtyd)
 • SomertydUTC+3
Skakelkodes(+20) 66

Port Said (Arabies: بورسعيد, dikwels getranslitereer as Bur Said) is 'n belangrike hawestad in die noordooste van Egipte, geleë aan die Middellandse See. Die noordelike ingang van die Suezkanaal is hier geleë. In 2003 het die stad 560 000 inwoners gehad, met 'n geskatte bevolking van 603 787 teen 2010.[1]

Die stad is nie baie oud nie; dit is in 1859 deur Said Pasja gestig tydens die bou van die Suezkanaal waaraan die stad lê. Die hawe is om verskeie redes van belang, beide internasionaal asook vir die Egiptiese ekonomie: toerisme, skeepsvaart, handel en vissery.

Port Said word in die tweede plek gelys van Egiptiese stede volgens die menslike ontwikkelingsindeks in 2009 en 2010,[2] die ekonomiese basis van die stad is visvangs en bedrywe soos chemikalieë, verwerkte voedsel, en sigarette. Port Said is ook 'n belangrike hawe vir die uitvoer van die Egiptiese produkte soos katoen en rys, maar is ook 'n vulstasie vir skepe wat deur die Suezkanaal beweeg. Dit floreer op 'n belastingvrye hawe, sowel as 'n toeriste-oord, veral gedurende die somer.[3] Dit is die tuiste van die vuurtoring van Port Said (die eerste gebou in die wêreld gebou van gewapende beton).

Daar is talle ou huise met groot balkonne op al die vloere, wat aan die stad sy kenmerkende voorkoms verleen. Port Said het 'n tweelingstad, Port Fuad, wat op die oostelike oewer van die kanaal lê. Die twee stede bestaan naas mekaar, tot so 'n mate dat daar skaars enige dorpsentrum in Port Fuad is. Die stede word verbind deur gratis veerbote wat almal dwarsdeur die dag opereer, en saam vorm dit 'n metropolitaanse gebied met meer as 'n miljoen inwoners wat aan beide die Afrika- en Asiatiese kante van die Suezkanaal strek. Die enigste ander metropolitaanse gebied in die wêreld wat ook oor twee vastelande strek is Istanboel.

  1. http://www.portsaid.gov.eg/magals/ascan/Lists/List8/DispForm.aspx?ID=1.
  2. http://www.rosaonline.net/Daily/News.asp?id=36636.
  3. http://www.portsaid.gov.eg/tourism/default.aspx.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search