Portugese nasionale rugbyspan

Portugal
Unie Portugese Rugbyfederasie (FPR)
Bynaam(e) Os Lobos (“die wolwe”)
Embleem Portugese skild
Stadion Estádio Universitário, Lissabon
Kapasiteit 8 000
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Daniel Hourcade (sedert 2024)
Kaptein(s) Tomás Appleton
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Gonçalo Uva en Vasco Uva (101 elk)[1]
Meeste punte Gonçalo Malheiro (279)[2]
Meeste drieë Rodrigo Marta (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Portugal Portugal 5–6 Spanje Vlag van Spanje
(Lissabon, Portugal; 13 April 1935)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 0–93 Portugal Vlag van Portugal
(Caldas da Rainha, Portugal, 23 Maart 2019)
Grootste nederlaag
Vlag van Portugal Portugal 13–108 Nieu-Seeland Vlag van Nieu-Seeland
(Lyon, Frankryk; 15 September 2007)
Wêreldbeker
Verskynings 2/10 (Eerste in 2007)
Beste uitslag Vierde in groep 2023
Unie webwerf
www.fpr.pt

Die Portugese nasionale rugbyspan (Portugees: Seleção Portuguesa de Rugby Union) is die nasionale rugbyspan wat Portugal in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Os Lobos (“die wolwe”), ontleen aan die Iberiese wolf. Rugby word in Portugal geadministreer deur die Portugese Rugbyfederasie (Federação Portuguesa de Rugby, FPR) wat in 1926 gestig is. Portugal word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Portugal tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Portugese rugbyspan is tans (Maart 2024) 16de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Portugal het in 1935 sy eerste toetswedstryd teen Spanje gespeel. Portugal het tot dusver vir twee rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en in 2023 met die vierde plek in hul groep hul beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap een titel ingepalm, twee keer as naaswenner en vier keer in die derde plek geëindig. Die Portugese span speel tradisioneel in rooi truie met wit broeke en rooi sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 19 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search