Poseidon

Poseidon
Griekse Olimpiese god
Standbeeld van Poseidon in Kopenhagen.
Standbeeld van Poseidon in Kopenhagen.
Naam Poseidon
God van Die see, aardbewings en perde
Blyplek Die see
Simbool Drietandvurk, vis, dolfyn, perd, bul
Vrou Amfitrite
Ouers Kronos en Rea
Broers, susters Hades, Demeter, Hestia, Hera, Zeus
Kinders Teseus, Triton, Polifemos
Romeinse eweknie Neptunus

Poseidon (Grieks: Ποσειδῶν) was in die Griekse mitologie die god van die see, perde en, as "Die Aardskudder", van aardbewings. Hy is een van die twaalf Olimpiese gode, maar het in ’n paleis onder die see gewoon. Poseidon het baie kinders gehad. Daar is ’n lofsang van Homerus aan Poseidon, wat die beskermheer van baie Hellenistiese stede was, hoewel Atena hom geklop het in die stryd om Athene.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search