Prei

Prei

'n Prei is 'n groente, 'n kultivar van Allium ampeloprasum, die breëblaar wilde preie. Die eetbare deel van die plant is 'n bondel blaarskedes wat soms verkeerdelik 'n stam of steel genoem word. Die geslag Allium bevat ook die ui, knoffel, sjalot, scallion, sprietui, en Chinese ui.[1]

Histories is baie wetenskaplike name vir preie gebruik, maar word nou almal behandel as kultivars van A. ampeloprasum .[2] Die naam 'preie' ontstaan uit die Oud-Engelse woord leac, waaruit die moderne Engelse naam "garlic" (knoffel) ook spruit. Drie nouverwante groente, olifantknoffel, kurrat en persiese prei of tareh, is ook kultivars van A. ampeloprasum, hoewel hulle in hul gebruik as voedsel verskil.

  1. "AllergyNet — Allergy Advisor Find". Allallergy.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2010. Besoek op 14 April 2010.
  2. "Allium ampeloprasum", World Checklist of Selected Plant Families, Royal Botanic Gardens, Kew, http://apps.kew.org/wcsp/namedetail.do?name_id=294972, besoek op 2013-02-01 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search