Pyl (sterrebeeld)

Pyl
Latynse naam Sagitta
Genitief Sagittae
Afkorting Sge
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 19h
Deklinasie 18º
Grootte 80 vk. grade (86ste)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 4
Helderste ster Gamma Sagittae (γ Sge)
Naaste ster Gliese 745
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 2
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 19
Aangrensende sterrebeelde
Vos, Hercules, Arend, Dolfyn
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Pyl (Latyn: Sagitta) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is noord van die ewenaar geleë en kan van oral op Aarde gesien word behalwe vanaf die Antarktiese sirkel.

Die Pyl is die derde kleinste sterrebeeld (naas die Vul en Suiderkruis). Dit lê in die Melkweg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search