RAID

RAID is 'n afkorting van Redundant Arrays of Independent Disks, ook bekend as Redundant Array of Inexpensive Disks en is die benaming vir 'n stel metodes vir die fisiese stoor van data op hardeskywe waardeur die gegewens oor meer as een skyf verdeel word of op meer as een skyf gestoor word of beide ten behoewe van 'n verhoogde spoed en/of om die data op die skywe te beveilig.

RAID het ontstaan vanweë die behoefte aan meer stoorspasie teen 'n laer koste en aangesien die meeste kleiner hardeskywe goedkoper was (rondom 1987) as 1 grote, is daar gesoek na 'n manier om 'n aantal fisiese skywe te kombineer om een denkbeeldige skyf daarvan te maak. Omdat die kosteverskille tussen groot- en klein hardeskywe nie meer so groot is nie, word RAID deesdae meestal gebruik vir die beveiliging van data en om die skryfspoed te verhoog. Dis dan ook die rede waarom die oorspronklike betekenis van die I vir inexpensive in die afkorting verander is na independent. RAID het sy oorsprong aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search