Ramses II

Ramses II
Ramses die Grote
Ramesses II
’n Standbeeld van Ramses II in die Ramesseum in Thebe.
’n Standbeeld van Ramses II in die Ramesseum in Thebe.
Farao van die 19de Dinastie
Periode  1279–1213 v.C.
Voorganger  Seti I
Opvolger  Merneptah
Vader  Seti I
Oorlede  1213 v.C.
Monumente  Aboe Simbel, Abydos, Luxor, Karnak
Ramses II in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E1
D40
P11
t
C10U6ii
Nebty-naam
G16
G37
r
F7
t
G20V31
Aa16
t
THREE
Goue Horus-naam
G8
O29
F23
U6iiN19Z4
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
rawsrC10N5 U21
n
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
imn
n
N36
ra
Z1
F31S29M23
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Ramses II (Egipties Rīꜥa-masē-sə, "Ra is die een wat hom verwek het"; omstreeks 1303 v.C. - 1213 v.C.),[1] algemeen bekend as Ramses die Grote, was ’n farao van Egipte. Hy was die derde heerser van die 19de Dinastie. Saam met Toetmoses III van die 18de Dinastie word hy dikwels beskou as die grootste, mees gevierde en magtigste farao van die Nuwe Ryk, wat self die magtigste tydperk van antieke Egipte was.[2] Hy word ook wyd erken as een van antieke Egipte se suksesvolste krygsfarao's, met nie minder nie as 15 militêre veldtogte, almal oorwinnings buiten die Slag van Kadesj, wat algemeen as ’n dooie punt beskou word.[3]

In antieke Griekse bronne word hy Osumandúas (Ὀσυμανδύας) genoem,[4] wat afgelei is van die eerste deel van sy Egiptiese troonnaam: Usermaatre Setepenre. Ramses is ook deur latere farao’s en die Egiptiese volk as die "Groot Voorvader" beskou.

In die vroeë deel van sy bewind het hy gefokus op die bou van stede, tempels en monumente. Nadat hy die stad Pi-Ramses in die Nyldelta gestig het, het hy dit as Egipte se nuwe hoofstad aangewys en dit gebruik as die belangrikste basis vir sy veldtogte in Sirië. Ramses het verskeie militêre ekspedisies in die Levant gelei, waar hy Egiptiese beheer oor Kanaän en Fenisië herbevestig het; hy het ook verskeie veldtogte na Nubië gelei, wat almal in inskripsies gedenk is. Hy het ’n ongekende 13 of 14 Sed-feeste gevier, meer as enige ander farao.[5]

Ramses se ouderdom met sy dood is onseker, maar 90 of 91 jaar word as die waarskynlikste beskou.[6][7] Ná sy dood is hy in ’n graf (KV7) in die Vallei van die Konings begrawe.[8] Sy liggaam is later na die Koninklike Wegsteekplek geskuif, waar dit in 1881 deur argeoloë ontdek is. Ramses se mummie word tans uitgestal in die Nasionale Museum van die Egiptiese Beskawing in Kaïro.[9]

Ramses II as ’n kind word deur die god Hauron omhels (Egiptiese Museum, Kaïro).
  1. "Ramses". Webster's New World College Dictionary. (2004). Wiley Publishing. 
  2. Putnam (1990).
  3. Kulkarni, P., Ji, Z., Xu, Y., Neskovic, M., & Nolan, K. (2023). Exploring Semantic Perturbations on Grover. arXiv preprint arXiv:2302.00509.
  4. Diodorus Siculus. "Diodorus Siculus, Bibliotheca Historica, Books I-V, book 1, chapter 47, section 4". www.perseus.tufts.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2011. Besoek op 10 Oktober 2011.
  5. O'Connor & Cline (1998), p. 16.
  6. von Beckerath (1997), pp. 108, 190.
  7. Brand (2000), pp. 302–305.
  8. Leblanc, Christian. "Gerard". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2007. Besoek op 23 April 2008.
  9. Parisse, Emmanuel (5 April 2021). "22 Ancient Pharaohs Have Been Carried Across Cairo in an Epic 'Golden Parade'". ScienceAlert. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2022. Besoek op 5 April 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search