Rapa Nui-volk

Rapa Nui

’n Tradisionele dans van die Rapa Nui.
Totale bevolking: 5 682
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Paaseiland Paaseiland
(Vlag van Chili Chili)
Taal: Rapa Nui
Geloofsoortuiging: Rooms-Katoliek
Verwante etniese groepe: Rapa Iti, Tahitiane

Die Rapa Nui is die inheemse Polinesiese bewoners van Paaseiland in die Stille Oseaan. Dit is die mees oostelike Polinesiese kultuur. Die Rapa Nui maak tans sowat 60% van die eiland se bevolking uit en ’n groot deel woon op die Chileense vasteland, waarvan Paaseiland ’n spesiale gebied is. Hulle praat beide Rapa Nui en die hooftaal van die eiland, Spaans. Volgens die 2012-sensus is daar 5 761 eilandbewoners, van wie feitlik almal in die hoofstad, Hanga Roa aan die beskermde weskus, woon.

Die Rapa Nui se grootste bron van inkomste is toerisme, wat fokus op die reusestandbeelde op die eiland, die moai. Vrugte vir plaaslike gebruik word ook gekweek.

Rapa Nui-aktiviste veg vir die reg tot selfbeskikking en eienaarskap van die eiland. Proteste het al gelei tot geweld teen die inheemse bevolking deur die Chileense polisie.[1]

  1. "Rapanui: International Community Steps In To Stop Violence Against The Rapa Nui Nation". Indigenous Peoples Issues and Resources (in Engels). 8 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search