Regte klimming

Regte klimming (blou) en deklinasie (groen) soos gesien van buite die hemelbol.

In sterrekunde is regte klimming (simbool α) een van die twee rigtingkoördinate van 'n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is deklinasie.

Regte klimming in sterrekunde kan vergelyk word met lengtegrade in geografie. Die regte klimming se afstand word ooswaarts al langs die hemelewenaar gemeet van die lentepunt (waar die Son die hemelewenaar tydens die lente-dag-en-nagewening in Maart kruis) tot by die uursirkel van die spesifieke voorwerp (die punt op die hemelewenaar waarteenoor die voorwerp lê).[1] Regte klimming word in 'n aaneenlopende volle sirkel gemeet.[2]

Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal uur ( h ), minute ( m ) en sekondes ( s ), met 24h gelyk aan 'n volle sirkel. Aangesien 'n volle sirkel 360° het, is 1h van regte klimming gelyk aan 124 hiervan, of 15 grade, 1m van regte klimming is gelyk aan 15 boogminute en 1s van regte klimming is gelyk aan 15 boogsekondes.[3]

  1. U.S. Naval Observatory Nautical Almanac Office (1992). Seidelmann, P. Kenneth (red.). Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. University Science Books, Mill Valley, CA. p. 735. ISBN 0-935702-68-7.
  2. Moulton, Forest Ray (1916). An Introduction to Astronomy. Macmillan Co., New York. pp. 125–126.; at Google books
  3. Moulton (1916), p. 126.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search