Rekenaarterminaal

Terminaal met mikroprosesseerder, 1982
Die DEC VT100, destyds 'n wydgebruikte rekenaaarterminaal.

'n Rekenaarterminaal (of kortweg terminaal) is 'n toestel wat gebruik word om oor 'n afstand interaktief op 'n rekenaar te werk. Dit is 'n elektroniese of elektromeganiese apparatuur wat gebruik kan word vir die invoer en transkripsie van data vanaf 'n rekenaar of 'n rekenaarstelsel.[1] Die teletyper was 'n voorbeeld van vroeë hardekopie-terminale,[2] en het die gebruik van rekenaarskerms dekades lank vooruitgeloop.

Vroeë terminale was goedkoop toestelle, maar baie stadig in vergelyking met ponskaarte of papierband vir invoer, maar namate die tegnologie verbeter het en videovertonings bekendgestel is, het terminale hierdie ouer vorms van interaksie uit die bedryf verplaas. 'n Verwante ontwikkeling was tyddeelstelsels, wat parallel ontwikkel het en vir die ondoeltreffendheid van die tikvermoë van die gebruiker opgemaak het, met die vermoë om verskeie gebruikers op dieselfde masjien te ondersteun, elk op hul eie terminaal.

  1. "What is the etymology of "[computer] terminal"?".
  2. "The Teletype Story" (PDF).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search