Rennes

RennesRoazhonResnn

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Bretagne
 Département Ille-et-Vilaine
 Koördinate 48°07′N 1°41′W / 48.117°N 1.683°W / 48.117; -1.683
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 50,39 vk km
 Hoogte bo seevlak 20-74 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 209 860
 - Bevolkingsdigtheid 4 165/vk km
 - Metropolitaanse gebied 690 467
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Nathalie Appéré (PS)
 Amptelike webwerf metropole.rennes.fr

Rennes (Bretons: Roazhon, Gallo: Resnn) is die hoofstad van die Franse administratiewe gebied Bretagne, die département Ille-et-Vilaine en ook een van die historiese hoofstede van die hertogdom Bretagne met 209 860 inwoners (2012) in die stad en 690 467 in die metropolitaanse gebied. Die stad by die samevloeiing van die Ille- en Vilaineriviere is sedert die jaar 1491 die setel van die Bretonse parlement en die kulturele en ekonomiese sentrum van Bretagne.

Alhoewel Rennes in die oostelike deel van die Bretagne lê wat al vroeg geromaniseer is en die Franse taal aangeneem het, het dit in wese steeds 'n Bretonse stad gebly. Rennes is die hoofkwartier van talle kulturele en politieke bewegings, dit huisves die kulturele institute Kuzul Sevenadurel Breizh en Skol-Uhel ar Vro en 'n aantal Keltiese verenigings en boekwinkels.

Rennes is terselfdertyd 'n toekomsgerigte metropool en het danksy die desentraliseringsbeleid van die Franse regering tot een van die belangrikste sentrums van hoë-tegnologie in Frankryk ontwikkel. Die plaaslike kommunikasiebedryf het onder meer die Franse Internet-voorloper Minitel ontwikkel, die motorvervaardiger Citroën het een van sy grootste nywerhede hier opgerig, en die hoësnelheidstrein TGV verbind Rennes met die hoofstad Parys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search