Richard III van Engeland

Richard III
Koning van Engeland

Huis Huis van York
Regeer 22 Junie 1483 – 22 Augustus 1485
Voorganger Eduard V
Opvolger Hendrik VII
Eggenote Anne Neville
Kinders Eduard van Middleham, Prins van Wallis
Gebore 2 Oktober 1452, Northamptonshire
Oorlede 22 Augustus 1485, Slag van Bosworth, Leicestershire
Vader Richard Plantagenet, Hertog van York
Moeder Cecily Neville

Richard III (2 Oktober 145222 Augustus 1485) was van 1483 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die laaste koning van die Huis van York en sy nederlaag met die Slag van Bosworth het ’n einde gebring aan die Rose-oorlog en die Plantagenet-dinastie, wat sedert 1154 met die troonopvolging van Hendrik II oor Engeland regeer het.

Weens die omstandighede van Richard se troonbestyging en die oorwinning van Hendrik VII is Richard se lyk dringend naby die slagveld begrawe; die presiese plek was meer as vyf eeue lank onbekend. In 2012 het argeoloë opgrawings in ’n munisipale parkeerterrein in Greyfriars, Leicester, begin doen na aanleiding van dokumente waaruit hulle afgelei het hy is langs die stad se katedraal begrawe, waar die parkeerterrein tans is. In September 2012 het hulle aangekondig dat hulle ’n geraamte gekry het wat moontlik Richard s’n is en op 4 Februarie 2013 het die Universiteit van Leicester bevestig dat dit wel bo alle redelike twyfel syne is. Dit is vasgestel deur ’n kombinasie van DNS-toetse op die geraamte en op afstammelinge van die koning se suster, Anne van York. Ook is koolstoftoetse op die beendere gedoen, wat bewys het hulle is sowat 500 jaar oud, en beskrywings van Richard is met die beendere vergelyk.[1][2][3]

’n Ondersoek van die geraamte het gewys die koning het verskeie wonde gehad en ’n deel van die kopbeen is met ’n skerp wapen afgekap;[4] dit sou tot sy onmiddellike dood gelei het. Die argeoloë het afgelei dat hy nie ten tyde van sy dood ’n helm gedra het nie.

Hy is op 26 Maart 2015 in die Leicester-katedraal herbegrawe.[5]

  1. Richard III: DNA confirms twisted bones belong to king Maev Kennedy, The Guardian, 4 Februarie 2013
  2. "Richard III dig: DNA confirms bones are king" (in Engels). BBC News. 4 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 4 Februarie 2013.
  3. Fricker, Martin (5 Februarie 2013). "Edinburgh-based writer reveals how her intuition led archaeologists to remains of King Richard III". Daily Record and Sunday Mail. Besoek op 5 Februarie 2013.
  4. Eliza Mackintosh. "'Beyond reasonable douby,' bones are the remains of England's King Richard III". The Washington Post. Besoek op 5 Februarie 2013.
  5. "Richard III: Leicester Cathedral reburial service for king". BBC News Online. 26 Maart 2015. Besoek op 12 April 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search