Richard Maurice Bucke

Richard Maurice Bucke.

Richard Maurice Bucke (18 Maart 183719 Februarie 1902), dikwels Maurice Bucke genoem, was 'n prominente Kanadese psigiater in die laat 19de eeu.

Bucke was 'n avonturier tydens sy jeug en het later medies gestudeer. Uiteindelik het hy as psigiater aan die hoof van die provinsiale psigiatriese instelling (Asylum for the Insane) in Londen, Ontario, gestaan. Bucke was 'n vriend van verskeie bekende letterkundiges in Kanada, die Verenigde State en Engeland.[1] Behalwe om professionele artikels te publiseer, het Bucke drie niefiksieboeke geskryf: Man's Moral Nature, Walt Whitman, en Cosmic Consciousness: A Study in the Evolution of the Human Mind, wat sy bekendste werk is.

  1. Rechnitzer, Peter A. (1994) The Life of Dr. R.M. Bucke

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search