Rivierdelta

Rapadelta, Lapland (Swede), in die Sareks Nasionale Park. Gesien vanaf Skierffe

'n Rivierdelta is 'n stelsel van vertakkings van 'n rivier voordat dit in 'n oseaan, see, meer, estuarium, reservoir, ander rivier of woestyn uitmond. Op 'n kaart (of uit die lug) het so 'n stelsel min of meer die vorm van 'n driehoek.

Die woord "rivierdelta" word ontleen aan die naam van die Griekse letter Δ (delta). Die driehoekvorm is veral sigbaar in die geval van die Nyldelta – een van die bekendste rivierdeltas.

'n Ander bekende delta van Afrika is die Okavangodelta, wat in die woestyn doodloop. In Suid-Afrika mond die Mkuzirivier in KwaZulu-Natal en die Oranjerivier in die Noord-Kaap met 'n delta by die see uit.

Deltas is dikwels baie vrugbaar en digbevolk. Die deltas wat in die see uitmond, is kwesbaar vir oorstromings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search