Robert Burns



Robert Burns

Skotse digter en lirikus


Handtekening


Literêre stroming
Romantiek


Beduidende werke


Auld Lang Syne

To a Mouse
A Man's A Man for A' That
Ae Fond Kiss
Scots Wha Hae
Tam o' Shanter
Halloween
The Battle of Sherramuir


Musea


Burns Cottage
Alloway, Suid-Ayrshire, Skotland

Robert Burns (* 25 Januarie 1759 in Alloway, Suid-Ayrshire, Skotland; † 21 Julie 1796 in Dumfries); ook bekend as Rabbie Burns, Skotland se gunstelingseun, die Ploughman Poet, Robden of Solway Firth, die Bard van Ayrshire en in Skotland dikwels kort The Bard genoem) was 'n Skotse digter en lirikus. Hy word deur vele as die nasionale digter van Skotland beskou en geniet wêreldwye verering.[1]

Burns is die bekendste van alle digters wat hul werke in die inheemse Germaanse taal van Skotland, Skots, geskryf het, alhoewel hy baie van sy digkuns ook in die sustertaal Engels geskep het, met 'n effense invloed van Skotse dialekte, om dit toeganklik te maak vir gehore buite Skotland. Standaardengels was ook die taal waarin hy reguit kritiek op politieke misstande gelewer het.

Hy word as een van die baanbrekers van die literêre Romantiese beweging beskou en was ná sy afsterwe 'n groot bron van inspirasie vir die grondleggers van liberalisme en sosialisme. Burns het daarnaas 'n kulturele ikoon van Skotland en die Skotse diaspora dwarsoor die wêreld geword. In die 19de en 20ste eeu is sy lewe en werk dikwels met groot ywer gevier sodat sy invloed op die Skotse literatuur ook dekades ná sy dood nog sterk was.

Naas sy eie komposisies het Burns ook volksliedere uit Skotland versamel waarvan hy baie bewerk het. Sy gedig Auld Lang Syne is getoonset en word dikwels op Hogmanay, die laaste dag van die jaar, gesing. 'n Ander lied, Scots Wha Hae, het oor 'n lang tydperk as nie-amptelike volkslied van Skotland gedien. Ander gedigte en liedere uit Burns se pen, wat internasionaal gewild is, sluit A Red, Red Rose; A Man's A Man for A' That; To a Louse; To A Mouse; The Battle of Sherramuir; Tam o' Shanter en Ae Fond Kiss in.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search