Roemeense nasionale rugbyspan

Roemenië
Unie Roemeense Rugbyfederasie (FRR)
Bynaam(e) Stejarii (“die eike”)
Embleem Eikeblaar
Stadion Stadionul Arcul de Triumf, Boekarest
Kapasiteit 8 207
Afrigter(s) Vlag van Frankryk David Gérard (sedert 2024)
Kaptein(s) Ovidiu Cojocaru
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Florin Vlaicu (129)[1]
Meeste toetspunte Florin Vlaicu (1321)[2]
Meeste drieë Cătălin Fercu (33)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Roemenië Roemenië 0–21 Verenigde State Vlag van Verenigde State van Amerika
(Parys, Frankryk; 26 Junie 1919)
Grootste oorwinning
Vlag van Bulgarye Bulgarye 0–100 Roemenië Vlag van Roemenië
(Boergas, Bulgarye; 21 September 1976)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 134–0 Roemenië Vlag van Roemenië
(Londen, Engeland; 17 November 2001)
Wêreldbeker
Verskynings 9/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Een oorwinning elk in 1987, 1991, 1999, 2003, 2007 en 2015
Unie webwerf
www.rugbyromania.ro

Die Roemeense nasionale rugbyspan (Roemeens: Echipa națională de rugby a României) is die nasionale rugbyspan wat Roemenië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Stejarii (“die eike”). Rugby word in Roemenië geadministreer deur die Roemeense Rugbyfederasie (Federația Română de Rugby, FRR) wat in 1931 gestig is. Roemenië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Roemenië tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Roemeense rugbyspan is tans (Maart 2024) 20ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Roemenië het in 1919 sy eerste toetswedstryd teen die Verenigde State gespeel. Roemenië was net soos Italië oor dekades heen een van die sterkste Europese spanne buite die destydse Vyfnasies. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap tien titels ingepalm, 20-keer as naaswenner en 16-keer in die derde plek geëindig. Gedurende hul bloeitydperk in die 1980’s het hulle herhaaldelik daarin geslaag om groot rugbylande soos Frankryk, Wallis en Skotland te klop. Ná die omverwerping van die Kommunistiese Ceaușescu-diktatuur is die span van sy vrygewige finansiële befondsing ontneem en het ’n swak fase betree wat tot vandag toe aanhou.

Die Roemeense span speel tradisioneel in geel truie met blou broeke en rooi sokkies. Roemenië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 beslis word. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het die span aan amper al die toernooie deelgeneem en slegs die Rugbywêreldbeker 2019 misgeloop.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 19 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search