Roger Federer

Roger Federer
Roger Federer in 2015
Bynaam Swiss Maestro[1]
Federer Express
Fed Express
FedEx[2]
Land Vlag van Switserland Switserland
Woonplek Bottmingen, Switserland[3]
Geboortedatum 8 Augustus 1981 (1981-08-08)[4]
Geboorteplek Basel, Switserland[4]
Lengte 1,85 m[4]
Gewig 85 kg[4]
Afrigter Severin Lüthi
Ivan Ljubičić[4]
Begin professioneel 1998[4]
Afgetree 2022[4]
Spelstyl Regshandig (eenhandig handrughou)[4]
Loopbaan-wengeld $130 594 339 (soos op 12 Junie 2023)[4] (3de van alle tye)[5]
Amptelike webblad rogerfederer.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 1251–275 (82,0%)[4]
Loopbaantitels 103[4] (2de van die Ope-era)
Hoogste rang No. 1 (2 Februarie 2004)[4]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (2004, 2006, 2007, 2010, 2017, 2018)
Junior HE (1998)
Franse Ope W (2009)
Junior 1R (1998)
Wimbledon W (2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2009, 2012, 2017)
VSA-Ope W (2004, 2005, 2006, 2007, 2008)
Groot toernooie
Toereindronde W (2003, 2004, 2006, 2007, 2010, 2011)
Olimpiese Spele Silwermedalje (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 131–93 (58,5%)[4]
Loopbaantitels 8[4]
Hoogste rang No. 24 (9 Junie 2003)[4]
Australiese Ope 3R (2003)
Franse Ope 1R (2000)
Wimbledon KE (2000)
VSA-Ope 3R (2002)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele Goue medalje (2008)
Laaste opgedateer op: 13 Junie 2023.

Roger Federer (Duits: [ˈrɔdʒər ˈfeːdərər]; gebore 8 Augustus 1981 in Basel, Switserland) is ’n voormalige Switserse professionele tennisspeler en voormalige no. 1 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP.[6] Baie kenners en tennisspelers glo Federer is moontlik die beste speler in die geskiedenis van tennis. Sy ma, Lynette Federer (née Durand), is ’n Suid-Afrikaner en hy het self ook Suid-Afrikaanse burgerskap.

Roger Federer tydens die Australiese Ope in 2014.
Roger Federer tydens die Australiese Ope in 2010.
Roger Federer tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2009.

Federer het al 20 Grand Slam-titels gewen tydens mansenkelspeltoernooie (hy het al aan 79 deelgeneem). Hy het die Wimbledon-kampioenskapstoernooi agt keer gewen (’n rekord), die Australiese Ope ses keer, die VSA-Ope vyf keer (almal agtereenvolgens; ’n rekord) en die Franse Ope een keer. Hy is een van net agt mans met ’n loopbaan-Grand Slam agter sy naam. In 2004 het hy die eerste speler sedert Mats Wilander geword wat drie van die vier Grand Slam-enkelspeltoernooie in dieselfde jaar wen: die Australiese Ope, Wimbledon en die VSA-Ope. Hy het ook al ses Tennismeestersbekertoernooie en 27 ATP-meestersreekstitels gewen.

Federer het die ATP se no. 1-posisie vir ’n rekord van 310 weke beklee. Hy het ook van 2 Februarie 2004 tot 17 Augustus 2008 die no. 1-wêreldposisie vir ’n rekord van 237 agtereenvolgende weke beklee. Op 8 Julie 2007 het hy Björn Borg se rekord van vyf agtereenvolgende seges op Wimbledon geëwenaar.

Sy spel is veelsydig,[7] en sy oënskynlik maklike en doeltreffende bewegings het hom gewild onder tennisaanhangers gemaak.

  1. (en) Sean Gregory (29 Januarie 2018). "Five Ways to Beat Roger Federer". TIME. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.
  2. (en) John Roberts (12 September 2004). "The Federer express runs over Henman". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2009. Besoek op 18 Junie 2009.
  3. (en) "Roland-Garros 2014 – Roger Federer". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2018. Besoek op 11 September 2017.
  4. 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 4,12 4,13 4,14 (en) "Player profile – Roger Federer". ATP World Tour. Besoek op 31 Januarie 2023.
  5. (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 12 Junie 2023. Besoek op 12 Junie 2023.
  6. (en) "Rankings: Singles". ATP World Tour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2018. Besoek op 19 Februarie 2018.
  7. (en) Wallace, David Foster (20 Augustus 2006). "Roger Federer as Religious Experience – Tennis". The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 2 Februarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search